’n Potjie golf ten bate van die welsyn en uitreikaksies
Kom slaan ’n bal en ondersteun die gemeenskap
Die AGS Oasis gemeente, nooi almal uit om deel te wees van ’n opwindende potjie gholf.
Hierdie spisiale geleentheid vind plaas op 27 Junie om 10:00 by die Witbank Gholfklub.
Die opbrengs gaan aan die welsyn in nood en uitreik projekte van die kerk.
Inskrywingsfooi vir ’n vier-bal is R1 200. Verder is daar geleenthede om ’n T-boks vir R2 000 of ’n setperk vir R500 te borg.
Vir inskrywings, kontak pastoor Deon Scheepers by 083 701 1737.
Gholfkarretjies moet direk by die gholfklub bespreek word by 013 656 5031 teen R280 ’n kaartjie.
Neem deel aan ’n spesiale geleentheid en dra by tot ’n positiewe verandering in jou gemeenskap.
Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our website, Facebook, Twitter, Instagram or TikTok
Chat to us: info@witbanknews.co.za
