Inwoners hul sonkragligte kwyt oor twee met lang vingers
Die video wys hoe die twee diewe die mure opklouter en die sonkragligte steel.
Nie eers sonkragligte hou diewe weg nie.
Onder die helder sonkragligte het twee diewe nonchalant nadergestap en die ligte in die vroeë oggendure van 29 Mei van die muur afgehaal en weggestap.
Die insident het in Van Rensburgstraat in Uitbreiding 8 plaasgevind.
Sien die video hier:
@witbanknews Not even solar lights keep thieves away. Under the bright solar lights, two thieves casually approached and removed the lights from the wall in the early hours of May 29 before walking away. The incident took place in Van Rensburg Street in Extension 8. #witbanknews #emalahleni #witbank #crime #robbary ♬ original sound – witbanknews
“Hierdie ligte was baie duur. Ons het meer as R1 000 per lig betaal. Die diewe het drie ligte gesteel,” het die eienaar van die huis woedend gesê..
Sy het genoem hulle het gereeld kragprobleme omdat die kragboks in hul omgewing gereeld uitbrand en daarom het hulle die ligte aangebring om veiligheid te verseker.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
