Local newsNews

Johanita hou vandag se Comrades deelnemers fyn dop

Johanita Bester van Atletiek Mpumalanga hou vandag ‘n oog oor die Comrades Marathon in haar amp as skeidsregter.

Vandag neem duisende atlete deel aan een van die mees uitmergelende wedlope in die wêreld.

Daar is ook ‘n span agter die gordyne wat ‘n oog moet hou oor die atlete.

Johanita Bester, voorsitter van Atletiek Mpumalanga se tegniese komitee is gekies as een van die skeidsregters by die Comrades Marathon vandag.

Johanita se passie vir atletiek gaan haar kilometers vooruit.

Sy is bekend as skeidsregter by padwedlope en werk gereeld as tegniese bampte by Atletiek Suid Afrika (ASA) se nasionale kampioenskappe.

Sy dien ook tans op Atletiek Mpumalanga se padhardloop kommissie en is ook die spanbestuurder en keurder.

Johanita is onlangs verkies om te dien op ASA se uitvoerende raad as addisionele lid.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van provinsiale atletiek dat iemand op die hoogste raad dien.

Tusen alles deur is Johanita ook gekies as nasionale spanbestuurder vir die Wêreld Atletiek kampioenskappe in Riga Latvia.

Sy het al baie atlete tot groot groot hoogtes geneem.

“Ons as Atletiek Mpumalanga Uitvoerende Raad is baie trots op haar en weet sy bring verandering in atletiek in ons provinsie en so ook in die land,” was die boodskap van die atletiek liggaam.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button