Binnelanders se kroegbestuurder kom inloer
Die bekende kroegman van Binnelanders, Louis Koster kom by die NG Kerk in Adelestraat kuier.
Die akteur en sanger Germandt Geldenhuys kom in eMalahleni kuier.
Germandt is die gas by die NG Kerk Panorama se damesoggend wat op 9 Augustus plaasvind.
Die damesoggend begin om 10:00 en kaartjies is slegs R160 per persoon.
Germandt is te sien in die rol van ‘Louis Koster’, die kroegbestuurder en IT-foendie, in Binnelanders op kykNET – waarvoor hy in 2017 met Huisgenoot se gesogte Tempo-toekenning vir ‘Sepie-Akteur Van Die Jaar’ bekroon is.
Sy eerste enkelsnit ‘In Geval’ is ook tans beskikbaar op alle digitale musiek-platforms.
Vir meer inligting en kaartjies, skakel die kerkkantoor by 013 650 5027 of 073 501 2184.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
