Local newsNews

Honde in Reynorif vergiftig – 5 van die honde was pitbulle

Dit is raadsaam om ’n noodhulptas met basiese noodhulpmiddels altyd byderhand te hê, veral vir gifbehandeling.

Reynorif X6 het verlede week deurgeloop onder hondevergiftigings.

Twee pragtige pitbulle is dood nadat hulle Woensdag, 23 Julie, vergiftig is.

’n Boerboel is net-net deurgetrek en die vermoede bestaan dat die hond wat 80kg weeg, nie te veel gif ingekry het nie.

“Dit is die seerste seer om te sien hou jou hondekinders ly. Ons het nadat ons die honde dood aangetref het, op die kameras teruggegaan en gesien hoe my seun se twee pitbulle in die vroeë oggendure aanhoudend by die agterhek besig is. Ons kon duidelik sien hoe hulle om die huis hardloop, weer agterhek toe gaan en op en af teen die muur hardloop. Dit blyk of die swernoot vir hulle ‘two-step’ deur die agterhek gegee het,” het een van die honde-eienaars, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Die gesin se honde is nie die enigste wat die nag vergiftig was nie.

Daar was vyf ander honde in dieselfde area vergiftig.

Dit is altyd raadsaam om ’n noodhulpsak vir jou viervoetige kind byderhand te hê.

As jy agterkom jou hond is vergiftig, gee vir die hond geaktiveerde koolstofpille (activated charcoal) in en kry jou hond dadelik by die veearts.

Jy kan die geaktiveerde koolstofpille noodsakkies by die DBV kry.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button