Local newsNews
Mammas, dogters en Rachelle gaan saamkuier
Jy kan nie dié ma-en-dogteraand by Laerskool Kragbron misloop nie.
Laerskool Kragbron is kliphard besig om die finale reëlings vir hul opkomende ma-en-dogteraand te finaliseer.
Die funksie vind op 20 Augustus plaas en skop om 18:00 af.
Die gasspreker vir die aand is Rachelle Fourie, die onnie van Potchefstroom, wat te sien was in die pasmaatsoekreeks, ‘Op my eish’.
Al het Brendan Peyper haar nie gekies nie, het sy kykers se harte gesteel.
Kom kuier gerus saam met Rachelle.
Kaartjies beloop R250 elk en dit sluit ’n ete en geskenkie in.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
