Die SA Weermagvereniging nooi jou om te kom dag sê
Die Militêre Fees vind die naweek by die Portuguese Saal plaas.
Die SA Weermagvereniging nooi jou om te kom dag sê Die SA Weermagvereniging (SAWV) gaan ’n paar stalletjies hê by die Militêre Fees wat die naweek gaan plaasvind.
Die fees vind op 30 Augustus by die Portugese Saal plaas.
Die SAWV is ’n militêre veterane organisasie wat op verskeie maniere omsien na die belange van militêre veterane (lede) asook enige ander persone wat wil deelneem aan ons gemeenskap en ander projekte en wat ook as lede wil aansluit.
Die SAWV is landwyd gestruktureer en is besig om ’n nasionale ondersteuningsnetwerk te vestig waarbinne welsyn, ekonomie, veiligheid en ander gemeenskapsprojekte bedryf word.
Lede word in Eenhede geakkommodeer en meer as 80 Eenhede is reeds gevestig.
Die SAWV is tans die grootste militêre veterane organisasie in die land, groei steeds sterk en werk daagliks aan projekte om sy lede te ondersteun.
“Ons nooi graag alle militêre veterane, hulle vrouens en kinders asook vriende om ons te kom besoek by die fees en te kom uitvind wat ons alles vir jou kan bied of waaraan jy kan kom deelneem om ook te help om ’n verskil te maak vir ander asook in jou gemeenskap. Ons wil graag ook die leiers ontmoet. As jy gedien het as ’n bevelvoerder, sammajoor, instrukteur op watter vlak ookal, kan jy weer ’n leier word in jou gemeenskap op provinsiale-, sektor- of eenheidsvlak. Enige ander persone wat ook leiers in eie reg geword het deur hulle loopbane kan ook baie waarde hier toevoeg. Die toekoms is in ons hande. Kom word deel van die wenspan,” het Johan Schmidt, voorsitter van die plaaslike eenheid genooi.
Vir enige navrae, kontak Johan by 083 631 7978 of Graham Sulter (adjudant) by 082 495 0954.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
