Local newsNews

2 infanterie-lede vereer by Militêre Fees

Die knal van kanonskote het die stilte gebreek na die kranslegging tydens die Militêre Fees.

Die onlangse Militêre Fees was ’n groot sukses, waar vriende en oud-kollegas bymekaargekom het vir ’n dag van herinnering en viering.

Stakes Minnaar ontvang die Gevegsembleem van die nasionale voorsitter van die Suid Afrikaanse Infantrievereniging Abie Smit.

Die geleentheid, wat op 30 Augustus by die Portugesesaal gehou is, het ’n tasbare gevoel van kameraadskap geskep wat die gees van diens en toewyding beliggaam het.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Witbank News/Nuus (@witbank_news)

Een van die mees roerende oomblikke van die dag was die kranslegging, ’n seremonie wat die besoekers met sigbare emosie en heimwee gelaat het.

Anton van Rooyen ontvang die Gevegsembleem van die nasionale voorsitter van die Suid Afrikaanse Infantrievereniging Abie Smit.

Dit was ’n plegtige huldeblyk aan diegene wat hul lewens in diens van hul land gegee het.

Tydens hierdie plegtige verrigting is twee lede van die Infanterievereniging, Stakes Minnaar en Anton van Rooyen, ook vereer met gevegsembleme vir hul bydraes.

Die seremonie het tot ’n klimaks gekom met die onmiskenbare knal van ’n kanon wat die lug gevul het, ’n gepaste en kragtige einde aan ’n betekenisvolle oomblik van die dag.

Sien meer foto’s hier:

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button