Local newsNews

Vlammende oorwinning vir HGK se rissiekampioen

Die fees was ’n reuse sukses en die biltong natuurlik uit die boonste rakke.

Marlu Smit het die Hoëveld Gereformeerde Kerk se rissie-eetkompetisie gewen en die titel van kampioen verower.

Tydens die kerk se jaarlikse biltongfees wat op 30 Augustus gehou is, het Marlu sewe sterk teenstanders oortref en met die gesogte kroon weggestap.

Hierdie opwindende kompetisie was beslis een van die groot hoogtepunte van die fees en het deelnemers laat kwyl en die trane het opgedam in die oë, maar daar was moedig voort geëet.

Hulle moes onder andere brand-lekker chilli bites, ’n tuisgemaakte rissiesousie, Jalapeno Poppers, Thai-rissies, groen rissies en Serrano rissies eet.

 

Nadat sy mond bietjie afgekoel het, het Marlu gesê die brand was nie so erg nie.

“Ek dra vanjaar my titel met trots, en ek is reg om dit volgende jaar te verdedig.”

Benewens die rissie-eetkompetisie het die biltongfees ook ’n verskeidenheid van ander aanloklike aktiwiteite en smullekker gebak gebied. Besoekers kon ook smul aan heerlike biltong, droëwors en cabanossi.

Die kerk se eie sanggroep, die Grafsteensangers, het met hul ‘emosionele’ en ‘hartroerende’ optrede die skare laat skaterlag.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button