Local newsNews
Wie gaan wen, die matrieks of ‘oues van dae’?
Die wedstryde tussen die ouer en jonger garde is altyd vol opwinding.
Die Old Boys se jaarlikse sportfees vind binnekort plaas en dit gaan ’n dag propvol aksie en opwinding wees.
Dit beloof om ’n dag te wees waar sportgees hoogty vier en die gemeenskap saamkom om die kameraderie te geniet.
Die hoogtepunte sluit die matrieks wat die ouer garde die stryd gaan aansê op die netbalbaan, hokkie-, krieket- en rugbyveld in.
Daar sal verskeie kosstalletjies wees, met iets vir almal om te geniet.
Dié fees vind op 20 September by HTS plaas.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
