HTS gaan gons met sportaksie dié naweek
Maak jouself reg vir ’n dag propvol rugby, netbal en hokkie by HTS dié Saterdag.
Hierdie naweek gaan beslis ‘n miernes van bedrywighede wees by HTS met die jaarlikse Klub54-sportfees.
Die aksie skop reeds Vrydag af met opwindende krieket, terwyl Saterdag se propvol program rugby-, netbal- en hokkie-wedstryde insluit wat van vroeg af op die spyskaart is.
Klub54, wat in 2018 gestig is, is ‘n nie-winsgewende organisasie met ‘n uiters waardevolle doel. Dit bevorder nie net ‘n lighartige atmosfeer en samewerking onder sy oud-lede nie, maar moedig hulle ook aan om medeverantwoordelikheid te neem vir die behoeftes van minderbevoorregte leerders by HTS Witbank.
Die vereniging is toegewyd daaraan om die tradisies van die skool te handhaaf en om die lewens van die leerders wat hulle bereik, te verbeter.
Vir meer inligting, kontak die skool by 013 656 2041.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
