Local newsNews

eMalahleni pastoor kritiek na ongeluk

Pastoor Anita van Kraayenburg is in die intensiewesorgeenheid in Pretoria Oos Hospitaal.

Die nuus dat pastore Peet en Anita van Kraayenburg en Morné Slabbert in ’n ernstige motorongeluk betrokke was, het die gemeenskap in skok gedompel.

Die ongeluk het op 29 September sowat 13km buite Bronkhorstspruit plaasgevind.

Volgens Hein van Kraayenburg, hul seun, het Peet en Morné slegs erge kneusings in die ongeluk opgedoen.

Hulle sterk by die huis aan.

Die wrak van pastore Peet en Anita van Kraayenburg se voertuig.

Anita wat agter in die kar gesit het, het baie seergekry. Sy word in die intensiewesorgeenheid van die Pretoria Oos Hospitaal behandel.

“Ma was nie so gelukkig nie. Sy het haar gewrig gebreek, haar regter enkel beseer, sy het sewe ribbes gebreek, 10 rugwerwels en ook ‘n nekwerwel,” het Hein met hartseer meegedeel.

Hy het verduidelik dat sy pa beheer oor die voertuig verloor het toe hy ‘n waterplas in die pad getref het.

“Ons vra eMalahleni om te bid. Gebed bring genesing, en Ma het elke gebed nou broodnodig,” het Hein afgesluit.

Pastore Peet en Anita van Kraayenburg.Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button