Local newsNews

Trappies-gemeente geniet boeretroos en beskuit

Ds. Maans van Zijl en die gemeente het weggelê aan heerlike bobaas beskuit na afloop van Sondag se erediens.

Na die laaste ‘amen’ en die seënbede van die erediens die afgelope Sondag, het die NG Trappies-kerk se gemeente hartlik saamgetrek vir ‘n gemeente kuiertjie.

Die kerksaal het op 19 Oktober vinnig gevul met die aangename geur van sterk, varsgebroude boeretroos – daardie lekker koffie wat die gemoedere verkwik. Die middelpunt van die kuier was egter die heerlike beskuit.

Dit was nie net enige beskuit nie, dit was Marthlé Smith, die RSG en Virseker se Bakgat-beskuitkompetisie se nasionale wenner se beskuit.

Hannelie en Pierre Jooste.
Hannelie en Pierre Jooste.
Emmie Coetzee.
Emmie Coetzee.

Terwyl koppies geklink en beskuit in die warm koffie gedoop is, het die gasvryheid en opregte warmte wat die kern van die NG Trappies-familie vorm, opnuut geseëvier.

Hierdie gedeelde oomblikke ná die diens bou bande van geloof en vriendskap wat die gemeente so uniek maak.

Willa Vosloo en Henriet Chatterton.
Willa Vosloo en Henriet Chatterton.
Anita Fourie en Ria van Rooyen.
Anita Fourie en Ria van Rooyen.
Petro Loggenberg.
Petro Loggenberg.
Annabelle Labuschagne.
Annabelle Labuschagne.

“Ai, die beskuit was darem nou lekker,” het ds. Maans van Zijl gesê terwyl hy nog ‘n stukkie in sy koffie gedoop het.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button