Vrou in hospitaal na aanval vroeg vanoggend
Die gesteelde kar is kort na die aanval by Pap en Vleis teruggekry.
’n Vrou is vanoggend hospitaal toe gejaag nadat sy by haar werkplek aangeval en van haar kar beroof is.
Volgens beskikbare inligting is die vrou vroegoggend oorval en met ’n vuurwapen oor die kop geslaan.
Die aanvaller het daarna in haar kar gevlug.
Die gesteelde motor is by Pap en Vleis teruggevind, maar dit is nog onduidelik of enige arrestasies reeds gemaak is.
Werknemers van ’n nabygeleë besigheid het met die slagoffer hospitaal toe gejaag.
Na wat verneem word is sy na EPH Hospitaal oorgeplaas.
Die omvang van haar beserings is nog nie bekend nie.
“Ons is almal so geskok, dié gewelddadige aanval is heeltemal sinneloos,” het ’n bron genoem.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
