Kleurvolle verrassing toe skaars inwoner kom inloer
Ons nooi lesers uit om hulle foto’s van verkleurmannetjies met ons te deel. Jy kan dit stuur na zita@witbanknews.co.za.
’n Inwoner van Persiusstraat in Reynorif het onlangs ’n onverwagte ‘kleurvolle’ gas ontvang.
Jacques van der Merwe het opgewonde vertel dat sy tuinjong op ’n verkleurmannetjie afgekom het terwyl hy in sy tuin gewerk het.
Jacques het gesê dit is die eerste keer in al die jare in sy huis, dat hy so ’n besoeker gekry het.
Nadat die gesin dié skaars besoeker bewonder en foto’s geneem het, is hy veilig teruggeplaas in die digte blare van die perskeboom waar hy oorspronklik gevind is.
Jacques hoop nou dat die boom binnekort meer as net vrugte sal dra.
“Ek hoop regtig dit is ’n wyfie, sodat sy sommer baie babatjies kan kry en ons tuin hul nuwe tuiste kan maak,” het hy bygevoeg.
Piet Wassenaar, wat oor ’n permit van die Mpumalanga Toerisme- en Parke-agentskap (MTPA) beskik om met gevaarlike diere te werk, sê dat verkleurmannetjies wel in die omgewing voorkom, maar dat hulle bitter skaars is.
’n Inwoner van Persiusstraat in Reynorif het onlangs ’n onverwagte ‘kleurvolle’ gas ontvang.
Jacques van der Merwe het opgewonde vertel dat sy tuinjong op ’n verkleurmannetjie afgekom het terwyl hy in sy tuin gewerk het. #natuur #witbanknuus #jacquesvandermerwe #verkleurmannetjie pic.twitter.com/mkxNJE3igb— WitbankNews (@WitbankN) February 23, 2026
Hy raai inwoners aan om bloot die natuur sy loop te laat neem as hulle so ’n gelukkige vonds in hul tuin maak.
“As jy ’n verkleurmannetjie in jou erf ontdek, hou maar ’n oog oor hom, maar laat hom ongestoord begaan sodat hy die vryheid van die natuur kan geniet,” het hy gesê.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
