Local newsNews

R5 000 beloning vir terugvind van vierwielmotorfietse en motorfiets

Daar is ’n R5 000 beloning vir die terugvind van die vierwielmotorfietse en motorfiets wat gisteroggend in Fleurlaan gesteel is.

Die Greyling-gesin van Blancheville se lewe is in chaos gedompel nadat diewe hulle honde vergiftig het om toegang tot hul erf te kry en met twee vierwielmotorfietse en ’n motorfiets weggekom het.

Sandra Greyling het gesê dié inbraak het Sondag in die vroeë oggendure plaasgevind.

Toe hulle Sondagoggend buite kom, was hulle honde Rusty en Bullet, dood aangetref asook al hulle hoenders.

Die gesin was ’n bekende gesig in die omgewing; hulle was dikwels op hul vierwielmotorfietse in die strate van Blancheville te sien terwyl hulle self die buurt gepatrolleer het om by te dra tot die veiligheid van hul medebewoners.

Dit is nou ironies dat presies hierdie vierwielmotorfietse wat gebruik was om die gemeenskap veilig te hou, die teikens van misdadigers geword het.

Intussen het inwoners van die omgewing hul kommer uitgespreek oor ’n hommeltuig wat die afgelope ruk laag oor die huise vlieg.

Baie is van mening dat diewe hierdie tegnologie gebruik om erwe te verken en so hul misdaadtogte beplan.

Van die inwoners het aangedui dat hulle die hommeltuig sal skiet as hulle dit oor hul erwe gewaar.

Die Greyling-familie het R5 000 beloning uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die terugvind van die vierwielmotorfietse en die motorfiets.

Greyling kan gekontak word by: 071 467 6673.

Inwoners van Fleurlaan en die omliggende Blancheville-area word versoek om enige kringtelevisie-materiaal van Sondagoggend na te gaan en vir die buurtwag se voorsitter, Tertius de Lange aan te stuur as hulle iets verdags opmerk: 061 500 3349.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Lucia Mudzanani

My journalism career is dedicated to reporting facts and sharing the experiences of the community in eMalahleni, the City of Coal. I am a storyteller who uses words to paint a vibrant picture of the people and events that shape our city. Every article I write is a way to connect people and their stories, giving a voice to those who might otherwise go unheard. I advocate for my community and strive to bring its colorful heart to life.
Back to top button