Local newsNews

Libertasstraat spog met nuwe teer – reg rondom die slaggat

Die slaggat in Libertasstraat is een vir die boeke. Hierdie blaps het gesorg vir kopskud-oomblikke van ongeloof.

Dienslewering in eMalahleni het ’n nuwe hoogte bereik wat selfs die mees gesoute kritici net laat kopskud.

In plaas daarvan om ’n hele slaggat in Libertasstraat reg te maak het kontrakteurs net die pad rondom die slaggat gevul, terwyl die probleem ongeroerd gelaat is.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Witbank News/Nuus (@witbank_news)

Dié slaggat pronk nou soos ’n trotse eilandjie in die pad, kompleet met groen riete wat vrolik langs die nuwe teer uitstyg.

Die ‘omgekeerde ingenieurswese’ laat menige motoris stik van die lag en die vraag word gevra, hoe word ’n pad herstel sonder om die daadwerklike probleem op te los.

“Dié baanbreker-idee gaan nie die toets van tyd deurstaan nie,” het Rudo Erasmus opgemerk toe hy oor die naweek daar verbygery het.

Die slaggat in Libertasstraat.

“Wie op aarde het die projek afgeteken,” het Erasmus ongelowig gevra.

Hy het vol lag opgemerk, “Dié ‘eilandjie’ het darem een voordeel, die riete dien as ’n natuurlike waarskuwingsteken.”

@witbanknews A pothole in Libertas Street came under the spotlight when contractors tarred around the pothole without filling it up and starring it too #headlines #engineering #localnews #witbanknews #pothole ♬ original sound – witbanknews

Motoriste gaan ten minste nie hul voertuie se suspensies beskadig as hulle Libertasstraat afry nie, want al is dit ’n seeroog, kan jy die petalje nie miskyk nie.

WITBANK NUUS het die munisipaliteit genader om uit te vind of hierdie ’n ‘nuwe groen-projek’ is, of ’n mors van die belastingbetaler se swaarverdiende geld.

Daar was amptelik nog geen kommentaar ontvang nie.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button