’n Waarskuwing is uitgereik dat ’n luiperd net buite eMalahleni opgemerk is.
Piet Wassenaar kan gekontak word as jy die luiperd in die Blesboklaagte-omgewing gewaar: 082 870 4124.
Inwoners word gewaarsku om op hul hoede te wees nadat ’n luiperd in die Blesboklaagte-omgewing, net agter Jackaroopark, opgemerk is.
Piet Wassenaar, wat nou saam met die Mpumalanga Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) werk, het die voorval bevestig.
Wassenaar, wat oor die nodige permitte beskik om probleemdiere te hanteer, het reeds vanghokke gaan haal om die roofdier veilig te vang en te verskuif.
Daar is ‘n luiperd in die Blesboklaagte omgewing opgemerk
— WitbankNews (@WitbankN) May 13, 2026
https://t.co/bBhJfN1HqS #luiperd #blesboklaagte #pietwassenaar #witbanknuus pic.twitter.com/PQDDbykjio
Hy doen ’n ernstige beroep op die publiek om nie die dier te nader of te probeer doodmaak nie.
“As die luiperd gekwes word, skep dit ’n uiters gevaarlike situasie,” het hy gewaarsku.
Enigeen wat die luiperd gewaar, word versoek om Wassenaar onmiddellik te kontak by 082 870 4124.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
