Local newsNews

HGH en HTS se netbalsterre skitter op die baan

Die eerstespanne het gesorg vir ’n opwindende naelbyt-stryd, terwyl die ouers die spelers met passie van die kantlyn af aangemoedig het.

Hoërskool Generaal Hertzog se netbalbane het die naweek gekook met aksie toe dié skool en die Hoër Tegniese Skool kragte gemeet het.


Die wedstryde op 7 Mei was taai. Die hoogtepunt was ongetwyfeld die kragmeting tussen die eerstespanne.


In ‘n vinnige taktiese wedstryd het HGH uiteindelik die voortou geneem en met 28 doele teenoor 21 geseëvier.


Lindelwa Mtsweni en Chantelle Themba was aangewys as die spelers van die wedstryd. Die ander wedstryde was net so mededingend.


HTS se tweedespan het met ‘n telling van 16–11 gewen, terwyl hul o16A-span ook as wenners uit die stryd getree het met ‘n telling van 13–8.


HGH het egter in die ander ouderdomsgroepe teruggeveg.


Die o16B-span het met 11–5 gewen, met Nondumiso Mabuza wat as die uitblinkerspeler aangewys is.
HGH se o15’s was onstuitbaar.


Die A-span het 13–12 gewen en die B-span 15–7.


Gladness Malada was aangewys as die A span se speler van die wedstryd en Zanothando Mthimunye die B-span se speler van die wedstryd.


Die o14-spanne van HTS het hul staal gewys en albei hul wedstryde teen die gasheerskool gewen. Die o14A-span het met 18–6 geseëvier, terwyl die B-span die kragmeting met 14–8 beklink het.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button