Sasol karnuffel Witbank Rugbyklub
Die naweek speel Witbank teen Baberton op Hoërskool Patriot se rugbyvelde. Kom kuier gerus saam.
Die Secunda Rugbyklub het al drie hul wedstryde teen die tuisspanne in die Hollywood Superliga gewen.
In die eerste wedstryd moes die Vikings hard baklei, maar moes uiteindelik met 14–19 die knie voor Sasol 3 buig.
Sasol 2 het ook geen genade gewys teenoor die Marodew Impi’s nie.

Hulle het dié wedstryd 31–19 ingepalm.
Die kragmeting tussen die Spur Mavericks en Sasol 1 was ’n wipplank 80 minute.
Die Mavericks het van die begin af kookwaterrugby gespeel en ’n vinnige voorsprong opgebou.
LEES MEER: Witbank Ruygbyklub se speler van die jaar laat ‘magic’gebeur
Maar, ’n rooikaart in die eerste 20 minute het die wedstryd heeltemal omgedraai.
“Na die rooikaart het ons gesukkel om aan te pas met ’n nuwe voorry en het verder met 14 man gespeel,” het afrigter Gerhard van der Heever gesê.
Vir die Mavericks het Mynhardt Smith, Mcneill Mcmaster en Ziyanda Sibiya elk agter die doellyn gaan kuier. Pieter Clarence was in die kol met twee doelskoppe en een strafdoel.
Ongelukkig het twee mislukte skoppe pale toe die Mavericks op die ou end aan die agterste speen laat suig, en Sasol 1 het die riller-stryd net-net met 24–22 gewen.
SIEN AL DIE AKSIE HIER:



















































































































































































































“Witbank Rugbyklub gaan die week hard werk aan sekere strukture om seker te maak dit gebeur nie weer nie,” het Gerhard laat hoor.
Die naweek word daar weer lekker klubrugby by Hoërskool Patriot opgedis wanneer die spanne van Baberton kom kuier.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
