Local newsNews

Cliviakoors pak eMalahleni

Vir meer inligting oor die Cliviaklub, kontak Henro Kruger by 083 258 5734.

Die Cliviaklub in eMalahleni het dié naweek met hul clivias kom spog.


Uitstallers het hul “kinders” op 22 Augustus by Duckpond ten toon gestel.


Samantha Visagie het vertel dat dié plant goed in houers en in die tuin groei en nie van direkte sonlig hou nie.

Samantha Visagie. Foto: Zita Goldswain.


Sy het die wetenskap agter die teel van die plante verduidelik.

“Dit kan dae neem, want jy haal stuifmeel uit een plant en plaas dit in ’n ander en begin bid en duim vashou,” het sy gesê.


Die meeste mense het die tuinclivias wat oorwegend oranje is, maar toe variante beskikbaar raak, het cliviakoors behoorlik posgevat.


Daar is vandag ’n groot verskeidenheid kleure beskikbaar en ’n groot opskudding is veroorsaak toe die groenkleurige clivia gekweek is.


Die eerste een in Suid Afrika het R32 000 op ’n veiling gehaal.


Die breëblaarclivia is ook baie gesog en Samatha het een van hulle.

“Clivias is trots Suid Afrikaanse skatte,” het Henro Kruger gesê.


Ook sy uitstalling was iets vir die oog.


Toe daar ’n tor op een van die clivias gaan sit en na ’n ander clivia vlieg, het Henro se moed sommer in sy skoene gesak.

“Hierdie skade gaan ons eers oor vyf jaar kan sien. Dis nou die natuur se dwarsklap,” het hy gesê.


June Clark het ook met haar clivias gespog en gesê sy is daarop uit om ’n clivia te kweek wat R100 000 op ’n veiling gaan losslaan.

June Clark. Foto: Zita Goldswain.


Volgens die Stodels-tuinklub is ’n cliviaplant wat Charl Green genoem word, verkoop vir R36 000, terwyl ’n Chinese kweker sy breëblaarclivia in 2009 vir $2,9 miljoen op eBay geadverteer is.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button