Local newsNews

Totsiens, meneer Pikkie

Die “Môre, julle mooi mense”-meneer was geliefd en gaan baie gemis word.

Daar word vanmiddag afskeid geneem van die geliefde meneer Pikkie Herrmann, wat Saterdag aan ’n hartaanval dood is.


Juffrou Melanie van der Hyde en haar man, Gys, wat al 40 jaar lank huisvriende met die Herrmanns is, het ’n roerende boodskap op Facebook geskryf.

“Hoe neem ’n mens afskeid van iemand wat vir 40 jaar so ’n groot deel van jou lewe was? Jy was nie net ons vriend nie, jy was ons broer. ’n Mens wat saam met ons deur soveel van die belangrikste, mooiste en soms snaaksste oomblikke van ons lewe gestap het. Ons het saam die Comrades gehardloop, staptoere aangepak, kilometers gedeel, gelag, gesukkel en mekaar aangemoedig. Ons het saam soveel dinge gedoen dat daar vandag letterlik honderde herinneringe langs daardie paaie lê.”

“My atletiekmaatjie by SA atletiekbyeenkomste. Ons het saam na die provinsiale span gekyk, hard gewerk met die aflosse en by elke oorgee geskree asof die wêreld daarvan afgehang het. Wat ’n voorreg om daardie oomblikke saam met jou te kon beleef,” het Melanie geskryf.

Oudonderwyser, meneer Cross Basson, het geskryf: “Pikkie het ‘n merk gelaat oral waar hy gegaan het. Hy het diep spore in mense en kinders se harte getrap. Hy was ‘n mense-mens, ‘n kind-mens en ‘n gesinsman. Sy entoesiastiese aanmoediging van kinders by sportbyeenkomste het van hom ‘n legende gemaak.”


Meneer Pikkie se bekende groet, “Hallo, julle mooi mense,” sal nooit vergeet word nie, is deur meer as een persoon opgemerk.


‘n Viering van sy lewe word vanmiddag om 14:00 by HTS gehou, waar die klok vir die laaste keer vir hom gaan lui.


Hy laat sy vrou, Ulrike, en hul twee seuns, Heinrich en Theo, agter.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button