Local news

Laerskool Kragbron gaan groot met ‘mini’-sportdag

Tien skole het die dag bygewoon, en die kinders en ouers teenwoordig het die dag vreeslik geniet.

Laerskool Kragbron het ʼn mini-sportdag aangebied vir hokkie en krieket.

Dit was ʼn heerlike dag met gesinne wat rondom die hokkie- en krieketvelde bymekaar gekom het op 13 Augustus om die jong atlete te ondersteun.

Laerskool Kragbron o.7 mini-krieketspan (agter): Juanita du Toit en Chalene de Meyer. Voor: Jonathan Senekal, Alex De Figueiredo, Ethan Potgieter, Bernard Morton, Riley Rossouw, Estevan Kukard en Matthew Mkhize.

Pappas en oupas het opgewonde geword op die krieketveld en hand bygesit waar armpies gebuig het of kolwe verkeerd vasgehou is.

“Ons speel vir pret en vaardigheidsontwikkeling, maar die seuns toon al baie potensiaal. Dit is lekker om te wen, maar belangriker om dit te geniet,” het een van Laerskool Kragbron se o.7 krieketspan-afrigters en organiseerder van die mini-krieket vir die dag, Francis Koekemoer gesê.

Op die anderkant van die veld kon hokkiestokke nie stilgehou word nie. Mammas en pappas het trots ondersteun rondom die hokkiewedstryde.

Laerskool Kragbron o.7 mini-hokkiespan (agter): Hendra de Wet en Eunice Pieters. Voor: Juandre van Schalkwyk, Adaan Steenkamp, Edmund de Wet, Jaco Coetzee, Regardt van Heerden en Roiden Conradie.

“Ek is trots op elke liewe seun en dogter wat vandag gespeel het en hulle 110% gegee het. Dit is so lekker om weer die gelag van die kinders te hoor en opgewondenheid raak te sien van ʼn myl,” het een van die afrigters van Laerskool Kragbron se o.7 seuns hokkiespan en organiseerder van die mini-hokkie vir die dag, Eunice Pieters gesê.

Tien skole het die dag geniet en bygewoon: Laerskool Kragbron, Laerskool Klipfontein, Laerskool Taalfees, Laerskool Panorama, Witbank Primary School, Laerskool Marble Hall, Curro Bankenveld, Cambridge, Robert Carruthers School en Greendale Primary School.

Die kinders het die dag vreeslik geniet en die samesyn was heerlik na twee jaar waar daar geen sport was nie.

Tiaan Kukard van Laerskool Klipfontein se o.8 mini-krieketspan.

Deel jou nuusbrokkies met ons

Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za

Of volg ons op sosiale media platforms

Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button