Niemand kon nog vertel wie het die ridder van die grootpad doodgery nie
“Dit voel te veel na moord,” het pastoor Rautenbach gesê.

Dit is al sewe maande nadat die hawelose, mnr. Cecil Rautenbach in ’n tref-en-trap ongeluk dood is.
Tot nou toe het geen ooggetuies na vore gekom om meer lig te werp wat in die vroeë oggendure van 31 Januarie in Mandelastraat gebeur het nie.
Al wat Rautenbach by hom gehad het tydens die ongeluk, was ’n drasak waarin twee komberse en ’n Bybel was.
Rautenbach se broer, Pastoor Louis Rautenbach het gesê haweloos of nie, niemand verdien om met ’n voertuig omgestamp, bo-oor gery en net so agtergelaat te word nie.
“Dit voel te veel na moord,” het pastoor Rautenbach gesê.
Hy het sy swerwer broer só opgesom, “Cecil was geliefd, al het hy ’n swerwersbestaan gekies. Net soos hyself, het ons ook baie keer die vraag gevra: waarom kies jy onstandvastigheid? Hy het bloot gekies om nie gebonde te wees nie. Wanneer hy die pad wou aandurf, om te gaan kuier of om bloot plekke te gaan verken, wou hy niks in sy pad hê nie. Cecil was impulsief. Wanneer hy na een van sy familielede verlang het, het hy eenvoudig sy rugsak gevat en geryloop tot waar hy wou wees.”
As jy enige inligting het wat die polisie kan help met meer inligting oor die tref-en-trap ongeluk, kan jy 013 655 5102 skakel.
Deel jou nuusbrokkies met ons Telefoon: 013 656 2490 WhatsApp: 060 866 8682 Epos: info@witbanknews.co.za
Of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking
