Oasis Kerk hou pretdag vir oud en jonk
“Almal is altyd welkom by die gemeente,” het pastoor Deon Scheepers gesȇ.
Die Oasis Kerk in Modelpark het die naweek lekker pret gehad om Nasionale Braaidag te vier.
Die gemeente het almal bymekaargekom in die warm son en het hulle onder die gazebo’s tuis gemaak vir die pretdag.

Daar was ʼn waterballongooi-kompetisie asook sakresies.
Die kinders kon ook lekker op die springkasteel baljaar.

Daar was heerlike musiek gemaak deur Danie Roetz.
Linda Oberholzer en Wim Stone het jonk en oud ore aangesit toe hulle vier keer gewen het met die waterballongooi-kompetisie.
“Ons wil net baie dankie sȇ vir die Erfenis Gemeente wat saam ons kom kuier het en baie dankie aan elkeen se bydrae. Ons as gemeente bly biddend vir ons gemeenskap en almal is altyd welkom by die gemeente,” het pastoor Deon Scheepers gesȇ.
Deel jou nuusbrokkies met ons per Telefoon: 013 656 2490 Epos: info@witbanknews.co.za of volg ons op sosiale media platforms Instagram Twitter Witbank News App Facebook page Witbank News Breaking






