Local news
Draf saam met Nkangala Skole Ringbal
Kry julle tekkies reg! Die Nkangala Skole Ringbal en Coaldust span kragte saam vir ’n heerlike nagresies.
Die Nkangala Skole Ringbal bied ’n nagresies aan.
Die resies, in samewerking met Coaldust, vind op 13 Mei plaas.
Die geleentheid vind plaas by Laerskool Panorama en beloof om pret vir die hele gesin te wees.
Deelnemers kan vanaf 17:00 begin registreer, waarna die amptelike wegspring om 18:30 sal plaasvind.
Inskrywingsfooie beloop R50 per persoon.
Kom geniet die aand in die vars lug en ondersteun plaaslike sportontwikkeling.
Vir meer inligting, kontak Cobus Ludeke: 081 560 0887.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
