Kleintydherinneringe laat VLU Nocturne lede lag
Die dames het tydens die vergadering 'n paar lekkernye uit hul kleintydbederfies soos springmielies en suiglekkers, ontvang.
Die VLU Nocturne se maandelikse bymekaarkom was ’n aand van pure nostalgie toe hulle heerlik saamgekuier het met die tema ‘Volwasse kinderpartytjie’.
Dit was sommer net pure pret.
Die lede was op 6 Augustus verras met kleintydbederfies soos springmielies en suigstokkies. Die tafels het gekreun van al die heerlikste lekkernye.
Een van die gewildste aktiwiteite van die aand was ’n pret raai-raai-speletjie.
Elke lid moes vooraf ’n foto deel van kleintyd en dié is toe op ’n blad gedruk en die lede moes raai wie is wie.
LEES MEER: ‘Bikers’ se hartjies klop warm vir kinders
Dit was maar ’n moeilike oefening en het gesorg vir lekker lag-oomblikke.
“My lede was die mooiste babas en kindertjies gewees,” het die tak se voorsitter Wilma van Zyl gesê.
Die gasspreker vir die aand was Johan Janse van Rensburg wat ook ’n skrywer is. Hy het spesiaal vir die lede ’n poppekasvertoning gelewer wat almal weer teruggevoer het na hul kinderdae.
’n eMalahleni-tiener is in ’n stryd teen tyd gewikkel om noodsaaklike bloedtoetse te ondergaan
— WitbankNews (@WitbankN) August 12, 2026
https://t.co/u2zsLuC1an #eldoné #witbank @WitbankN #emalahleni pic.twitter.com/8aUyWTkbNK
Sien foto’s hier:












































































Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
