Plaaslike kanonne gaan weergalm op Erfenisdag
eMalahleni gaan deel wees van die kanonkettingskoot op Erfenisdag.
eMalahleni en Balmoral gaan deel wees van die Erfenisdag-viering wanneer die Suid Afrikaanse Kanonniersvereniging (CAOSA) ’n kanonkettingskoot gaan poog.
Altesaam 31 kanonne gaan op voorafgestelde tye op verskillende tye landwyd afgevuur word.
Dit is ter viering van die beroemde kanonoproepstelsel wat in die 17de eeu in die Kaap gebruik is om waarskuwings, bevele en ook belangrike boodskappe oor lang afstande te kommunikeer.
Teen die 18de eeu het dié netwerk tot meer as 40 stasies uitgebrei.
Om 13:15 gaan Ed Rossiter by die Balmoral Konsentrasiekamp ’n vierponder afskiet en om 13:20 gaan Yosiah Oberholster ’n twaalfponder vanaf die Witbank Gelofteterrein afskiet.
Lees meer Balmoral se spookstories word ondersoek
More than 70 specialists have been contacted in a desperate bid to find an orthopaedic practitioner who can treat a severe spinal infection before October.
— WitbankNews (@WitbankN) August 17, 2026
Read more here: https://t.co/kqd8Ds2JNY#witbanknews #witbank #localnews pic.twitter.com/jjQjazdQfQ
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
