Steenkamp-broers se gedenkdiens vind Woensdag plaas
Familie en vriende neem afskeid van Fransie en Dirkie Steenkamp.
Fransie en Dirkie Steenkamp se gedenkdiens vind op 23 September plaas.
Die broers is veras nadat die forensiese ondersoeke gedoen is.
Fransie is koelbloedig doodgeskiet toe hy die rowers wat vir Dirkie raakgeskiet het, stormgeloop het in ’n poging om sy broer te red.
Hy is in die gesig en maag geskiet.
Lees meer Man doodgeskiet, broer ernstig gewond
Nadat die rowers met hul buit gevlug het, het Dirkie, wat in sy bene en maag geskiet is, uit die kamer gekruip, die alarm gedruk, die garagedeur oopgemaak en om hulp geskree.
Lees meer Man sterf 5 dae na jonger broer noodlottig geskiet is tydens huisroof
Hul ouers, Francois en Santa, was by Loskopdam toe hulle ’n oproep van ADT Sekuriteit ontvang het.
“Ek het dadelik vir Fransie gebel, maar hy het nie geantwoord nie.
Toe ek vir Dirkie bel, het hy net gesê: ‘Pa, Fransie is dood’,” het Francois vertel.
Die ouers het van Loskop af Hoëveldpark toe gejaag, net om loeiende ambulanse en polisie op die toneel aan te tref.
Dirkie is oorlede nadat hy vyf dae lank vir sy lewe in die Cosmos-hospitaal geveg het.
Een van dievuurwapens wat gebuit is, is die volgende dag in ’n veld in Modelpark gevind.
Die rowers kon nie die vuurwapen herlaai nie, omdat Steenkamp altyd as ’n veiligheidsmaatreël die slot van die vuurwapens afhaal en eenkant bêre.
Lees meer Man sterf 5 dae na jonger broer noodlottig geskiet is tydens huisroof
Die gedenkdiens word om 12:00 by die Nederduitsch Hervormde Kerk Witbank-Noord in Duvenhagelaan 9 gehou.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
