Waar kry die kind sy hulp vandaan?

Die eerste stap wat ons as mede inwoners kan doen, is om die stilte te breek.

Hoewel ‘n 16 dae veldtog nie werklik iets aan geweld teen vroue en kinders kan doen nie, kan ons ook nie ons koppe in die sand druk en maak asof dit nie in gemeenskappe soos eMalahleni gebeur nie.

Die wêreldwye 16 dae van aktivisme teen geslagsgeoriënteerde geweld teen vroue en meisies veldtog is volstoom aan die gang soos dit op 25 November begin het en duur tot 10 Desember.

Soos ons teen die tyd weet dat geweld diep in ons midde gewortel is dat miljoene vroue en kinders dit as ‘n lewenswyse beskou.

Die eerste stap wat ons as mede inwoners kan doen, is om die stilte te breek.

Wat is belangriker as die kinders van ons toekoms?

Childline Suid Afrika is ’n diens vir die ondersteuning en ontwikkeling van dié kinders in nood.

 

Hoe kan Childline help?

Die tolvrye telefoonberadingslyn vir krisis wat handel oor honderde navrae van kinders en volwassenes. Jy kan hul skakel op die tolvrye lyn en hul sal assisteer op die beste manier. Jy kan oor enigiets skakel en baie kinders bel die beradingslyn oor dinge soos mishandeling, depressie, verhoudingsprobleme, verwaarlosing, boelie, teistering en vele meer.

 

Waar kry jy Childline in die hande?

Childline Mpumalanga

Kontak nommer: 013 752 2770
Epos: admin@childlinempu.org.za
Berading epos: crisis@childlinempu.org.za
Webtuiste: www.childlinempu.org.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button