Jeugdag in die Park
DIT IS tyd dat mense die jeug van hierdie pragtige land vier vir die inspirasie wat hulle elke dag leef. Jeugdag in die Park, ‘n feestelike konsert, word op 16 Junie in die park by Rietvlei Zoo Farm gehou. Mense kan met groot verwagtinge kom. Die dag gaan propvol pret en vermaak wees met plaaslike musikante soos Dewald Wasserfall en Xanilee Hammond. Daar gaan ook ‘n kunskompetisie, stalletjies, kos en drinkgoed, Springkastele, ‘n prettige Mal-valhelm fietsresies en ‘n Super-Held pretloop wees. Bring die hele gesin en sommer die bure ook.
Navrae oor stalletjies kan gerig word aan rentia@albertonsuid.com