Stepping Stone sê baie dankie aan ARVB
Die Alberton Raad vir Bejaardes (ARVB) het ‘n reuse donasie van R25 000 aan Stepping Stone Hospice gemaak.
“Toe ons by die vergadering vra of ons ‘n skenking aan Hospice kan maak het almal dadelik ja gesê,” sê Johann van der Merwe, voorsitter van die ARVB. “Vir ons as bejaardes speel hulle ‘n baie groot rol.”
Vir hulle is dit baie belangrik om Stepping Stone Hospice te ondersteun in hulle werk. Volgens die ARVB is Stepping Stone altyd bereid om te help, nie net met die mense wat in die Alberton Aftree Oord woon nie, maar vir bejaardes orals.
“Hulle sê nooit nee as iemand hulp nodig het nie, hulle maak altyd ‘n plan. Ons kan nie ons dank genoeg aan hulle wys nie.”
Tersia Burger, hoof uitvoerende beampte van Stepping Stone Hospice, het die donasie van ARVB ontvang. Haar dankbaarheid het oorgeloop oor die donasie.
“Groot groot dankie vir julle,” het sy gesê. “Ek kan nie ophou glimlag nie. Dankie vir al julle liefde en vriendskap.”



