Local news

Solidariteit Helpende Hand bring vreugde aan gemeenskapsdienaars

Die organisasie glo dat elke gemeenskapsdiensnaar wat hulle besoek het verdien om gewys te word hoeveel hulle waardeer word en dat hulle die ondersteuning van die gemeenskap het.

Helpende Hand het op 14 Februarie drie organisasies besoek en Valentynskoekies uitgedeel in waardering van die onbaatsugtige dienste wat hulle lewer.

Helpende Hand was by Stepping Stone Hospice en het lekker met van die personeel gekuier. Hulle het ook vir die Stepping Stone personeel dankie gesê vir wat hulle vir die pasiënte in hulle sorg doen.

Die ADT brandeenheid ontvang liefde van Helpende Hand.

Daarna is die organisasie na ADT se brandeenheid wat instaan vir brand in Alberton, vir ‘n lekker geselsie met die vriendelike dagspan.

Laastens is die span na Brackendowns SAPS om dankie te sê vir hulle goeie werk in die gemeenskap.

Lede van Helpende Hand en die Brackendowns SAPD personeel is vol glimlagte.

Ongelukkig was die meeste van die manne in blou uit met ‘n ‘ops’ maar die Helpende Hand span het ook hier lekker met van die oorblywende personeel gekuier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button