Local news
Brandpunt Fotoklub wys Februarie wen foto’s aan
Elsa E van Dyk en Nico Putter was die Februarie wenners.
Brandpunt Fotoklub het onlangs hulle Februarie wenners aangekondig.
Nico Putter het met die junior wen foto weggestap en Elsa E van Dyk met die senior wen foto.
Nico se foto, ‘n 1934 Ford het die beoordelaars se harte gesteel terwyl Elsa se foto genaamd Pasgebore, wag om droog te word, bo die ander uitgestaan het.
Dié is ‘n klub vir fotografie entoesiaste in Alberton en omgewing. Lede beskryf hulself as ‘n jolige groep mense met ‘n passie vir fotografie.
Of jy dit doen as ‘n stokperdjie, en of jy al ‘n gesoute fotograaf is, hulle bied iets vir almal.
Vir nuus oor Brandpunt Fotoklub, besoek hul webwerf www.brandpuntfotoklub.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



