Local newsSchools

Ranties wys hul staal by die kampioenskappe

Rantie-atlete het vir hoendervleisoomblikke by vanjaar se Gauteng Kam­pi­oen­skappe gesorg.

Hulle het bewys dat taaiheid nie net in die spiere lê nie, maar in die siel en gees ook. Die skool is trots op elkeen se merkwaardige prestasie.

Die volgende Rantie-atlete dring deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe: Luan Venter, Marisa Cloete, Kayla Hopley, Lanelda Herbst, Katy-Lee Coetzee, Lize-Marie van den Berg, Nian Erasmus, Lian McGeer en Zanneke van Heerder.

Katy-Lee Coetzee behaal ʼn derde plek in gewigstoot.
Kayla Hopley behaal ʼn vierde plek in die 200m sowel as ʼn eerste plek in verspring met ʼn nuwe rekord van 5.60m.
Lanelda Herbst behaal ʼn vierde plek in diskus sowel as ʼn derde plek in gewigstoot.
Lian McGeer behaal ʼn derde plek in gewigstoot.
Lize-Marie van den Berg behaal ʼn eerste plek in die 800m.
Luan Venter behaal ʼn sesde plek in verspring sowel as ʼn derde plek in die 150m hekkies.
Marisa Cloete behaal ʼn sesde plek in gewigstoot sowel as ʼn tweede plek in hoogspring.
Nian Erasmus behaal ʼn tweede plek in gewigstoot.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Katlego Tau

A skilled Social Media Manager and Digital Content Creator with over 9 years of experience, great at creating engaging content and driving online presence.

Related Articles

Back to top button