Local newsSchools

Hierdie jong meisie het ’n groot hart

Op12-jarige ouderdom het Trisdun Robbetze bewys dat ouderdom geen hindernis is om 'n positiewe impak te maak nie.

Haar reis na gemeenskap betrokkenheid het in 2021 begin toe sy vrywillig gehelp het om kospakkies vir minder bevoorregte universiteit studente te pak.

Nadat sy gesien het watter verskil hierdie pogings in ander se lewens gemaak het, was sy geïnspireer om self aksie te neem.

In 2024 het die Org Meyer Voortrekkers se Olifante span gemeenskap betrokkenheid projekte bespreek, en hul Desember huiswerk was om probleme in die gemeenskap te identifiseer en maniere te bedink om dit op te los.

Trisdun het verder gegaan as hierdie opdrag en ‘n omvattende plan geskep om haar eie projek in 2025 te begin. Sy het Stuttaford Van Lines genader, wat ingestem het om bokse vir haar projek te verskaf.

Vasbeslote om ‘n verskil te maak, het Trisdun Projek Saamstaan begin – ‘n gemeenskap projek wat daarop gemik is om tweedehandse items vir gesinne in nood in te samel.

Haar betrokkenheid by die Voortrekkers het haar verbind met ‘n Rata Maatskaplike Dienste berader, wat haar nou ondersteun om hierdie projek tot lewe te bring.

Deur Saamstaan, mik Trisdun nie net om noodsaaklike items aan sukkelende gesinne te verskaf nie, maar ook om ‘n gees van gee en eenheid binne die gemeenskap aan te moedig. Sy glo klein dade van vriendelikheid kan ‘n rimpel effek hê, wat ander inspireer om ‘n helpende hand te bied.

Trisdun is ‘n leerling by Laerskool President Steyn in Alberton. Haar toewyding en leierskap skyn steeds deur haar onafhanklike pogings.

Agter: Willie-Waldo Kühn (adjunk veldkornet), Stephanie Human (heemraad), Trisdun Robbetze en Stephan Human. Voor: Derby Human (heemraad), Ds Francois Meyer (veldkornet), Eben Meyer (jeugleier), Derick Smith en Phillip-William Kühn.

Trisdun se pogings pas in by die kernwaardes en beginsels van die Voortrekkers. Hierdie jeugorganisasie beklemtoon leierskap, diens en gemeenskap betrokkenheid.

Hoe Trisdun se projek inpas:

Diens en burgerskap: Die Voortrekkers moedig hul lede aan om bydraende burgers te wees en vrywillige diens te lewer. Trisdun se inisiatief om tweedehandse items vir gesinne in nood in te samel, vergestalt hierdie beginsel, aangesien sy aktief werk om haar gemeenskap te verbeter.

Christelike waardes: Die organisasie is gegrond op Christelike beginsels, wat ‘n leefstyl van hulp aan ander en vriendelikheid bevorder. Trisdun se projek, Saamstaan, beliggaam hierdie waardes deur ‘n gees van gee en eenheid te bevorder.

Leierskap: Die Voortrekkers streef daarna om jong leiers te ontwikkel wat inisiatief kan neem en ‘n positiewe impak kan maak. Op12-jarige ouderdom het Trisdun merkwaardige leierskap getoon deur nie net ‘n gemeenskap se behoefte te identifiseer nie, maar ook ‘n plan te skep en uit te voer om dit aan te spreek.

Gemeenskap betrokkenheid: Die Voortrekkers moedig hul lede aan om aktief betrokke te wees in hul gemeenskappe. Trisdun se projek is ‘n perfekte voorbeeld hiervan, aangesien sy met plaaslike besighede en maatskaplike dienste skakel om haar saak te ondersteun.

Om Saamstaan te laat groei, soek Trisdun individue en maatskappye wat bereid is om haar projek te ondersteun. Besighede kan help deur ‘n boks vir skenkings in hul ontvangsarea te plaas waar personeel en kliënte klere, speelgoed en boeke kan bydra.

Om betrokke te raak, skakel of WhatsApp Waldo by 073 029 0052 of Christa by 076 090 1683 of stuur ‘n e-pos aan bemarking@orgmeyer.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button