Local news
Manne-ontbyt saam met Francois Rossouw
As jy een van die manne is wat die buitelug geniet en waardeer is hierdie 'n geleentheid wat jy beslis nie wil misloop nie.
Op 27 September bied die NG Kerk Alberton-Oos ‘n manne-ontbyt aan.
Die spreker by die geleentheid is Alberton se eie Francois Rossouw wat Saterdagoggende op RSG op die lug is met alles en nog wat oor veldry vir die 4×4 entoesiaste.
Die tema van die dag is Suidpunt van Afrika – ‘n mooi en avontuurlike land.
Die gemeente nooi al die manne wat lief is om die natuur te verken en te waardeer om te kom saamkuier oor ‘n heerlike ontbyt by die Dros Alberton, hoek van Ringpad Wes en Forestraat in New Redruth vanaf 09:00 tot 13:00.
Bespreek jou plek by Sonja Coetzer, 065 107 5566. Die koste van R200 per persoon en sluit die ontbyt in.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




