Schools
Ranties se redenaars op pad na Super 12
Laerskool Randhart is baie trots op hulle redenaars wat die skool tydens die Super 12 gaan verteenwoordig.
Baie geluk aan die redenaarsgroep wat Laerskool Randhart op 10 en 11 Maart tydens die Super 12 by Laerskool Elarduspark gaan verteenwoordig.
Sterkte aan die volgende leerders:
• In die Graad Twee tot Drie kategorie is dit Ruwan de Bruin en Marnelle Moroney.
• Ruanke Kasselman en Milan Potgieter is vir die Graad Vier en Vyf kategorie gekies.
• In die Graad Ses tot Sewe kategorie gaan Ava Allen en Suené Pretorius die skool verteenwoordig.
Die skool wens die leerders alles van die beste toe.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



