Local NewsSchools
Landloop atlete draf ander kaf tydens SAs
Mila Scholtz behaal 'n ongelooflike eerste plek tydens die SA kampioenskappe.
Laerskool Orion wens hul drie Orie-atlete, Mila Scholtz, Minke Scholtz en Shiloh de Klerk, wat uitstekend presteer het by vanjaar se Suid-Afrikaanse Klub Landloopkampioenskappe, geluk.
Hierdie Ories het teen van die beste atlete in die land deelgeneem en uitmuntent presteer.

Mila Scholtz, ‘n Graad Vyf-leerder, het ‘n uitstekende wedloop gehardloop en is eerste in Suid-Afrika.
Minke Scholtz het ’n vierde plek in Suid-Afrika behaal en Shiloh de Klerk het haar uitstekend van haar taak gekwyt en ’n 52ste plek in SA behaal.

Die skool is trots op hierdie atlete wat die Ories naam hoog gehou het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



