Hoërskool Alberton het onlangs kragte gemeet teen Hoërskool Wonderboom.
Die spanne van Hoërskool Alberton het ‘n gemengde reeks uitslae behaal teen Wonderboom.

Uitslae van die hokkiespanne:
• o14A het 2-0 gewen.
• o15A het gelykop gespeel met 1-1.
• o16A het ‘n oorweldigende wen behaal met ‘n telling van 6-0.
• Die tweede hokkiespan het met 3-0 gewen.
• Die eerste span het met 1-0 verloor.
Uitslae van die netbalspanne:
• Die o14, o15, en o16 A- en B-spanne het hul wedstryde verloor.
• Die o17A-span het gelykop gespeel met ‘n telling van 18-18.
• Die o17B-span het ‘n knap wen behaal met ‘n telling van 5-4.
• Die tweede span het met ‘n telling van 17-16 gewen.
• Allies se eerstespan het ‘n goeie wen behaal met ‘n telling van 16-15.
Die skool is trots op die deursettingsvermoë en prestasies van al hul sportspanne.





