Sport

Laerskool Orion se rugby is kookwater

Laerskool Orion's continue winning streak.

Laerskool Orion se eerste rugbyspan is vuurwarm, en hulle laaste wedstryd teen Laerskool Randhart op 20 Mei was geen uitsondering nie.

Ories het koning gekraai met ’n opwindende 54–4 oorwinning, en die span het hulself beslis bewys as ’n span om mee rekening te hou.

In die span is agt indrukwekkende Goue Leeus Cravenweek-spelers en twee talentvolle Goue Leeus o.12-spelers van 2024 ingesluit.

Die telbord met die finale telling in die eerste span wedstryd tussen Laerskool Orion en Laerskool Randhard.

Uit die 24 wedstryde wat hulle vanjaar reeds gespeel het, het hulle 17 gewen, vyf verloor, twee gelykop gespeel, 777 punte aangeteken en slegs 238 punte afgestaan. Dit gee ’n gemiddeld van 3238 punte per wedstryd, met slegs 992 punte teen hulle.

Ories se span ding tans mee in die Goue Leeus Superliga teen ses topskole in die provinsie, met een doel voor oë – om hul wenpad voort te sit en uiteindelik gekroon te word as die Goue Leeus Superliga-wenners van 2025.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button