Local newsSport

Laerskool Randhart Rakkers sluit rugbyseisoen af met toekenning seremonie

Tydens die seiseon het sewe pappas die rol van afrigters aangeneem om by te dra tot die sukses van die spanne.

Laerskool Randhart Rakkers het ‘n feestelike byeenkoms op 13 Junie aangebied om die prestasies van hul rugbyspanne, mededingendheid en sukses vir die 2025-seisoen te vier.

Elke speler van die o6 leeutjie-spanne het ‘n trofee en sertifikaat ontvang as waardering vir hulle harde werk, spanwerk en toewyding.

“Die seisoen sou nie moontlik gewees het as dit nie vir sewe pa’s was nie, wat ingestap het as afrigters. Regdeur die eerste en tweede kwartaal het hulle hul tyd en energie vrywilliglik gegee om die seuns drie dae per week af te rig met passie en toewyding,” het die organiseerder, Lauren Fourie, gesê.

“Die seuns het meer as net vaardighede in rugby aangeleer. Hulle het waardevolle lewenslesse oor respek, spanwerk en deursettingsvermoë geleer.”

Elke speler het een van hierdie trofeë ontvang.

Laerskool Randhart se vyf spanne het deelgeneem aan rugbydae wat by drie verskillende skole aangebied is, met 10 wedstryde per dag. Elke span het twee wedstryde per dag gespeel, wat die totaal tot 30 wedstryde vir die seisoen gebring het. Hierdie wedstryde was pret, leersaam en het tot die spelers se groei bygedra.

“’n Groot dankie aan ons afrigters vir hul opofferings ter wille van die liefde vir die spel. Ons jong Rakkers het beslis nie net rugby gespeel nie. Hulle het gegroei, glimlag nou breed en glo in hulself,” het Fourie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button