Laerskool Orion stel nuwe personeel bekend

Laerskool Orion stel die skool se nuwe personeel bekend.

• Marjolize Steyn:

Marjolize Steyn. Foto: Verska

“Ek is oorspronklik van Vivo, ’n klein plaasdorpie in Limpopo, en het onlangs my studies voltooi. Ek sien daarna uit om vanjaar die Graad Twee-juffrou van die Koala-klas by Laerskool Orion te wees. Ek wil ’n positiewe verskil in leerders se lewens maak, betrokke wees by netbal en met groot opgewondenheid deel vorm van die skool en al sy aktiwiteite.”

• JJ Bezuidenhout:

Byskrif: JJ Bezuidenhout. Foto: Verskaf

“Ek kom oorspronklik van Nigel af, maar woon die afgelope ses jaar in Johannesburg. Ek sien met groot opgewondenheid daarna uit om as ’n intersenfase-onderwyser by Laerskool Orion aan te sluit en deel te wees van hierdie nuwe avontuur by die Ories.”

• Nico van Tonder:

Nico van Tonder. Foto: Verskaf

 

“As ’n oud-Orie-onderwyser wat van 2019 tot 2024 deel was van Laerskool Orion, is dit vir my ’n voorreg en vreugde om weer terug te wees by die Ories waar ek grade Vyf en Ses SW sal aanbied en met entoesiasme ook atletiek, rugby en krieket sal afrig.”

• Chanell McGregor:

Chanell McGregor. Foto: Verskaf

“Ek is ’n passievolle onderwyseres met ’n liefde vir kinders en leer, afkomstig van Alberton. Ek sien daarna uit om by Laerskool Orion as Graad Twee-onderwyser klas te gee. Ek wil die leerders ondersteun, motiveer en saam met hulle groei, terwyl ek ook opgewonde is om deel te wees van ’n positiewe skoolgemeenskap, sterk verhoudings met leerders en kollegas te bou en ’n blywende liefde vir leer te kweek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Alberton Record in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button