LettersOpinion

Kan almal nie maar soos beskaafdes optree nie?

Die taxi bestuurders en nou ook gewone motorriste gebruik die noodbaan permanent.

REDAKTUUR – Met verwysing na vorige berigte in die Bedfordview and Edenvale News, deel ek ook my ervaringe met ander lesers.

Ek ry vanaf Kempton Park na Edenvale elke oggend.

Die taxi bestuurders en nou ook gewone motorriste gebruik die noodbaan permanent.

Ons kan net sowel se die pad het nou drie rybane in plaas van vier.

Sien hul die metroplolisie, skroom hulle nie om hulself voor jou in te forseer nie.

Sodra hul verby die metropolisie is, gaan ry hul eenvoudig net weer in die noodbaan.

Dieselfde gebeur in die middae ook weer oppad terug Kempton Park toe.

Maandag het ‘n taxibestuurder vir voetgangers en fietsryers toeter gedruk sodat hulle uit die noodbaan moet padgee sodat hy die voertuie kan verby neem deur in die naadbaan te ry.

In Illiondale waar Dentstraat by Lauriestraat aansluit vorm die taxibestuurders nou al ‘n tweede baan wat links draai en om so hul weg in te forseer.

Hulle kan nie ordentlik en geduldig ook in die ry wag nie.

Ek het Dinsdagmiddag Dentsraat gebruik en so die foto hierby aangeheg geneem.

Ek gebruik altyd Lauriestraat en is my kar so gekrap deur ‘n motorris wat eenvoudig aanhou vorentoe ry het ten spyte van die feit dat ek reeds halfpad verby hom was.

Dit voel net eenvoudig of al die bestuurders met die wangedrag wegkom omdat hulle nie ordentlike boetes opgele word nie.

Kry hul net mondelingse waarskuwings? Moet mens die spreekwoord ‘if you can’t beat them, join them’ volg want jy weet jy gaan wegkom daarmee?

Hulle skep hul eie bane om links en regs te draai by stopstrate en verkeersligte, hulle ry in noodbane, hulle gaan staan voor op die eilande by verkeersligte omdat hulle nie in die gewone bane wil wag nie, hulle druk toeter vir motorriste wat nie gou genoeg wegtrek nie en wag vir die lig om groen te word.

Almal is in ‘n gejaag oppad werk toe en huis toe.

Kan almal nie maar soos beskaafdes optree nie?

Of is daar aparte padreels vir taxibestuurders waarvan ons nie weet nie?

YOLANDA

KEMPTON PARK

r letter received May 7

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Bedfordview Edenvale News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button