Local newsNews

Model bemoedig VLU lede

Bianca Birnie, Mrs Queen of Queens vir die Africa Pageant, het met die dames gesels oor skoonheid en selfbeeld.

Die maandelikse vergadering van die Vroue Landbou-unie, Brakpan-tak was baie bemoedigend toe Africa Pageant se Mrs Africa en Queen of Queens wenner, Bianca Birnie, die vroue toegespreek het.

Die vergadering het Dinsdag by Just Wheels se klubhuis plaasgevind.

Bianca het vir 25 jaar lank haar eie modelskool gehad waar sy jong meisies opgelei het vir die loopplank, maar ook om dames te wees.

Sy self het vir ‘n lang tyd nie op die loopplank verskyn nie, en het eerder liefdadigheidswerk gedoen, soos om boeke aan skole te skenk en praatjies oor boelie en Christenskap lewer.

Verlede jaar het sy en haar span 150 000 boeke onder armoedige skole in Delmas versprei.


LEES OOK: Kinderhuis benodig wintersklere


In 2018 was sy weer terug op die loopplank waar sy Queen of Africa gekroon is, en in 2020 Queen of Nation Ambassador. In April is sy Queen of Queens gekroon.

“Dit gaan nie vanoggend oor my nie, maar oor julle wat hier sit,” het sy tydens die vergadering gesê.

“Ek is hier om julle te vertel dat skoonheid in God se oë bepaal word.”

Sy het verder vir die dames aangemoedig om nie afbrekend te wees teenoor ander nie, om die Goddelike volmaaktheid uit te leef.

Die lede is druk besig om vir die kongres in Augustus voor te berei, en gaan Julie nie ‘n vergadering hê nie, maar Junie se vergadering is soos altyd op die tweede Dinsdag van die maand.


Related Articles

 
Back to top button