Mother’s Nest in Brenthurst is al vir meer as 30 jaar ‘n veilige huis vir mishandelde kinders. Die huis, wat te Pienaarstraat 19 geleë is, huisves tans 20 kinders tussen die ouderdom van sewe en 18 jaar.
Met die winter wat vinnig nader kruip is daar ‘n groot behoefte aan wintersklere vir die inwoners, wat seuns en meisies insluit.
Bonita Roast van Mother’s Nest het verduidelik dat enige warm kledingstukke, skoene, pantoffels, serpe, kouse en onderklere welkom sal wees.
Persone wat belangstel om klere te skenk of enige ander donasies wil maak kan vir Roast kontak by 078 541 7054 of die skenkings kan by Mother’s Nest te Pienaarstraat 19, Brenthurst afgelewer word.
LEES OOK: Just Wheels Club keeps on trucking
LEES OOK: Skole ontvang benodighede van Solidariteit Helpende Hand



