Local news

Kom kuier saam met Inspan Volkspelelaer

Die Inspan Volkspelelaer nooi die gemeenskap uit na hul jaarlikse saamtrek in Boksburg vir ’n gesellige middag vol Volkspele, samesang, lekker verversings en tradisionele samesyn.

Inwoners van Brakpan en omliggende gemeenskappe word ook hartlik uitgenooi om saam met die Inspan Volkspelelaer ’n gesellige middag van tradisie, musiek en samesyn te beleef.

Die Inspan Volkspelelaer nooi belangstellendes uit na hul jaarlikse saamtrek by Witfield Park Aftree Oord in Boksburg.

Geniet ’n ontspanne middag vol Volkspele, samesang en lekker verversings op 12 September van 15:00 tot 18:30.

Toegang is gratis, maar vir slegs R60 kan besoekers ’n pakket geniet wat ’n ligte ete, roomysnagereg en koeldrank insluit.

Witfield Park is geleë op die hoek van Pitout- en Kettlestraat.

Bevestig jou teenwoordigheid teen 4 September by Marita op 074 116 5497 of Charmaine op 076 382 8496.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button