Local news

Swierige Brakpan matrikulante daag in styl op by hul afskeidfunksies

Pragtige uitrustings en spoggerige motors het gesorg vir ’n indrukwekkende vertoning by die matriekafskeidfunksies.

Matrikulante van Brakpan se hoërskole het die afrlop tyd hul matriekafskeid funksies bygewoon en foto’s met die Brakpan Herald gedeel.

Ewald Benade en Kaylin Marais het op 22 September Hoërskool die Anker se afskeidfunksie by Stable Inn in Springs bygewoon.

“Dit was vir ons baie spesiaal om saam met die onderwysers te lag en te dans tydens die finale afskeid van ons laaste jaar en om ook ‘n laaste paar herinneringe saam met vriende te kon maak.

“Dit was lekker om bietjie ‘dress-up’ te speel en te sien hoeveel moeite die leerders gedoen het vir die uitsonderlike aand,” het hulle gesê.

Pieter du Plessis en Charney Buchanan het ook die funksie geniet.

“Ons matriekafskeid was ’n aand om altyd te onthou, en ons is dankbaar dat ons hierdie spesiale oomblik saam kon deel. Dit was lekker om saam met ons vriende te kuier en mooi herinneringe te maak,” het hulle vertel.


Duan Conradie en sy metgesel Elicia Badenhorst by Hoërskool die Anker se matriekafskeid.

Hoërskool die Anker se Tyrone Davis en Simoné Santos. Foto: For the Love of Motorsport.

Angelique Volschenk en Leedyn Jansen van Vuuren se uitrustings het uitgestaan by Hoërskool Die Anker se afskeid. Foto: Tinktinkie’s Photography

Kaylin Marais en Ewald Benade het hul foto’s by die Voortrekker Monument geneem voordat hulle na Hoërskool die Anker se funksie vertrek het

Vir Ashley Crawford van Hoërskool die Anker was haar matriekafskeid by Stable Inn in Springs onvergeetlik.

Shane Abbott en Arulaine Brits het in ‘n spogmotor by Hoërskool die Anker se afskeid opgedaag.

Pieter du Plessis en Charney Buchanan van Hoërskool die Anker.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Charma Du Plessis

As a journalist, my goal is to present the public with all the information so they can make informed decisions, and as far as possible represent their voices in my reportage.

Related Articles

Back to top button