VLU lede vaar goed by kongres
Ses lede van die tak het onlangs baie goeie punte en terugvoering behaal vir handgemaakte artikels en werk wat by die Goudrifstreek se jaarlike kongres ingeskryf is.
Wanneer dit by handewerk kom staan die lede van die Brakpan-tak van die Vroue Landbou-Unie vir niemand terug nie.
Ses lede van die tak het onlangs baie goeie punte en terugvoering behaal vir handgemaakte artikels en werk wat by die Goudrifstreek se jaarlike kongres ingeskryf is.
Die kongres is onlangs te Meulstroom, Bronkhorstspruit, gehou.
Die lede wat goed gevaar het by die kongres is Sjaan Buchel (80 persent vir poësie), Marie Brits (75 persent vir naaldwerk), Sylvia Smith (69 persent vir hekelwerk en 78 persent vir kersversiering), Irma du Plessis (76 persent vir hekelwerk), Marie Liebenberg (73 persent vir hekelwerk) en Susan Potgieter (77 persent vir fotografie).
Dié lede is geluk gewens tydens die tak se maandelikse vergadering wat onlangs gehou is.
Die Brakpan VLU vergader elke tweede Dinsdag van die maand in die saal van die NH Kerk, wat te Dirk van der Hoffweg geleë is.
Volg ons:
Ontvang die nuutste nuus op jou foon:
WhatsApp nommer: 0794306641 (voeg ons by jou kontaklys en stuur jou naam en van op WhatsApp)
















