Kobus McGuire: "Ek het nie meer ‘n voertuig nie maar ek voel jammer vir die mense wat voertuie besit. Ek is baie dankbaar dat ek nog kan loop tot waar ek moet wees."
Lorraine Betteridge: “Ek het nie ‘n voertuig nie maar dit raak my familie se sak want ek is afhanklik van hulle. En wanneer die brandstofprys daal, daal die prys van kos nie.”
Rina Engelbrecht: “Ek loop met my twee voete waar ek moet wees. Ek vra nie mense met voertuie vir hulp nie want hulle vra te veel geld vir brandstof. Die styging is belaglik.”
Riekie Erasmus: “Dit is skokkend. Ek het nou wel nie ‘n voertuig nie maar dit affekteer wel my sak want wanneer die brandstofprys styg, styg die prys van alles en veral kos.”
Tina Daly: “Ek gebruik my dogter se voertuig en sy gee my ook ‘n bedrag vir brandstof. Elke styging maak dit baie moeiliker vir ons om oor die weg te kom. Dit is nie maklik nie.”